Saturday, April 21, 2007

Die Afrikaners

Totale bevolking:
2 700 000+
Belangrike bevolkings in:
Suid-Afrika, Namibië
Taal:
Afrikaans
Geloofsoortuiging:
Christene (Protestante)
Verwante etniese groepe:
Kleurlinge, Rehoboth Basters, Griekwas, Nederlanders, Vlaminge, Duitsers, Franse, Skotte, Dene en ander
Afrikaners is Suid-Afrikaners wat Afrikaans as moedertaal praat. Die afgelope eeu is die woord meesal gebruik om na blankes te verwys. Sekere eienskappe word ook tradisioneel met Afrikanerskap in verband gebring, soos christenskap, taaltrots, en 'n affiniteit met die geskiedenis van die Zuid-Afrikaanse Republiek en die Republiek van die Oranje-Vrystaat (die sogenaamde Boererepublieke), hoewel dit nie noodwendig deel van die definisie vorm nie.
Inhoud[versteek]
1 Oorsprong van die woord
2 Voorouers
3 Afrikaners en Boere
4 Afrikaners en Afrikaanses
5 Taal
6 Letterkunde
7 Musiek
8 Geskiedenis en tradisie
9 Kookkuns
10 Godsdiens
11 Sport
12 Argitektuur en meubels
13 Kultuur en monumente
14 Skole en universiteite
15 Verspreiding van hedendaagse Afrikaners
16 Verwysings
Oorsprong van die woord
Volgens oorlewering is die woord die eerste keer in 1707 deur ene Hendrick Bibault geüiter in sy uitspraak "Ik ben een afrikander!". Hy het egter bedoel dat hy "van Afrika" is en homself nie meer as 'n Europeër beskou nie. Teen die middel van die negentiende eeu word die woord egter reeds grotendeels gebruik om na blanke Afrikaans-sprekendes te verwys

Voorouers
Die tradisionele beskouing is dat die oorgrote meerderheid blanke Afrikaners van Duitse, Franse, en Nederlandse afkoms is, hoewel heelwat immigrante uit Brittanje en ander Europese lande binne enkele geslagte verafrikaans het en dus ook as Afrikaners gereken sou kon word.
Die meeste Afrikaners is afstmmelinge van ongeveer 40 000 Afrikaners wat in die agtiende eeu in die ou Kaap ontstaan het as Vryburgers van die Verenige Oos-Indiese Maatskappy (VOC). Afrikaners is dus verlangs verwant. Omdat hulle ontstaan het in Afrika, word daar dikwels spottenderwys na hulle as "Afrika se blanke stam" verwys. Sedert die 18de eeu het ondertrouery met menigde immigrante na Suid-Afrika plaasgevind, insluitend Engelse, Skotte, Iere, Duitsers en Portugese plaasgevind.

Afrikaners en Boere
Daar word soms na blanke Afrikaners verwys as Boere, hoewel dit in enkele kringe 'n afbrekende benaming is omdat dit deur sommige mense met Apartheid geassosieer word. Die woord Boere is 'n verwysing na die feit dat die inwoners van die Boere-republieke uit die negentiende eeu hoofsaaklik landbouers was. Die meeste blanke Afrikaans-sprekendes is egter nie meer landbouers nie en woon in stede en dorpe, waar hul kultuur baie in gemeen het met dié van Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners.

Afrikaners en Afrikaanses
Vanweë die assosiasie by sommige van die woord Afrikaner met Apartheid, word die woord soms afgewissel met woorde Afrikaanse, Afrikaans-spreker en Afrikaans-sprekende om na enige Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner (ongeag sy kleur) te verwys.

Taal
Afrikaners se taal is Afrikaans, 'n taal wat sedert 1875 as 'n afsonderlike Wes-Germaanse standaardtaal ontwikkel het.

Letterkunde
Die Afrikaanse letterkunde is deur 'n ryk verskeidenheid van Afrikaners opgebou oor 'n eeu en is rykste in Afrika.

Musiek
'n Groot verskeidenheid musiek is al deur Afrikaners gekomponeer. Daar is ook tradisionele Boeremusiek en -danse (Volkspele)wat deur toegewyde geesdriftiges in tradisionele drag beoefen word. Hedendaags is ligte Afrikaanse musiek en toenemend Afrikaanse rock gewild onder oud en jonk.

Geskiedenis en tradisie
Afrikaners deel 'n geskiedenis en tradisie wat strek vanaf die stigting van 'n verversingstasie deur Jan van Riebeeck in 1652, die Groot Trek, die Tweede Vryheidsoorlog en Republiekwording verteenwoordig.

Kookkuns
Afrikaners beskik oor 'n eie kookkuns wat as Boerekos bekend staan Die kookvorm het ontwikkel vanuit Europese kooktradisies, gepaardgaande met plaaslike bestanddele, kulturele vermengings en nuutskeppings. Braaivleis hou in die buitelug is 'n universele gewoonte wat deur alle Afrikaners wêreldwyd beoefen word.

Godsdiens
Die meeste Afrikaners is gereformeerde Christene met 'n teologiese tradisie wat vanuit die drie susterskerke ontwikkel het. Hierdie tradisie is egter besig om te verwater en meer Afrikaners is besig om oor te skakel na charismatiese kerke, waarvan die meeste Engels as voertaal gebruik. 'n Minderheid Afrikaners is ateïste en enkele individue het ander godsdienste soos Boeddhisme en Islam aangeneem.

Sport
Afrikaners beoefen 'n verskeidenheid sportsoorte, maar deur hul geskiedenis het hulle veral uitgeblink in atletiek, boks, swem en rugby. Hedendaags het fietsry, motorresies, krieket en gholf as sporte bygekom waarin Afrikaners gedy.

Argitektuur en meubels
In die vroeë dae van die Kaap het Afrikaners 'n unieke Kaaps-Hollandse boustyl ontwikkel, en daarmee saam meubels van stinkhout en geelhout aangekoop of vervaardig. In die meer onlangse tyd was daar die Pretoriase skool van argitektuur wat ná die Tweede Wêreldoorlog 'n inheemse modernistiese argitektuur geskep het. Baie voorbeelde hiervan is in die Pretoriase middestad te vinde. Van die mooiste moderne woonhuise in Suid-Afrika is deur Afrikaner-argitekte soos Gawie Fagan, Louis Louw, Achilles Apostollelis en Sam Pellisier ontwerp. Die nuutste argitektoniese neiging wat veral in die noorde van Suid-Afrika ontstaan het en algaande suid uitgebrei het, is die bou van "Boere-Toskaanse" huise, oftewel huise met 'n verlangse Italiaanse karakter. Hedendaagse meubelment is in lyn met goedkoper Westerse neigings wat leer of nagemaakte leer of lapmeubels insluit.

Kultuur en monumente
Afrikaners het 'n verskeidenheid van monumente in Suid-Afrika opgerig wat hul kultuur-historiese erfenis uitbeeld. Voorbeelde hiervan is die Voortrekkermonument in Pretoria en die Taalmonument in Paarl, die Hugenote-monument in Franschhoek, die Bloedriviermonument naby Newcastle en die Vrouemonument in Bloemfontein.

Skole en universiteite
Afrikaners het die Britse tradisie van uniforms en dissipline oorgeneem en 'n verskeidenheid skole opgebou, feitlik in elke dorp met 'n Afrikanerbevolking in die land. Tot onlangs het die Afrikaanse kultuur in elke skool gebloei, met operettes, toneelspel, voordragte, koorsang, musiek, kunswedstryde, die studie van letterkunde, en ander bedrywighede. Die verengelsing van die samelewing het egter sy tol begin eis, met menige spogskole wat verengels het, dissipline en tradisies wat meer en meer uitsterf en kulturele bedrywighede wat as gevolg van 'n doelbewuste onderwysbeleid deur die huidige regering in Suid-Afrika uitsterf. Baie Afrikaners het begin om ook hul kinders in veral Engelse privaatskole in te skryf.

Hedendaagse Afrikaners
Daar is ongeveer 2,7-3 miljoen Afrikaners wat oor die volgende lande verspreid leef: Suid-Afrika Namibië Australië Nieu-Seeland Engeland Kanada VSA Die grootste gedeelte (2,5 miljoen) kom in Suid-Afrika voor, terwyl daar beraam word dat 300,000-400,000 Afrikaners permanent of tydelik in die buiteland woon.
http://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaners

5 comments:

Ron. said...

This definition appears to overshadow the Boerevolk who are only about 1.5 million out of the total White Afrikaans population of 3.5 million. The Afrikaner elite of the past cent attempted to co-opt the Boers & were able to effectively marginalize & dominate them due to their larger numbers over the humble Boer nation.

Ron. said...
This comment has been removed by the author.
Ron. said...
This comment has been removed by the author.
Unknown said...

Vrystaat!!

Unknown said...

Suig poes soutie vark!!